ANC mik vir ‘n miljoen
2010-08-09 00:22
Johannesburg – Die ANC sal nou daarin poog om sowat 1 miljoen lede te hê wanneer dié party in 2012 sy 100ste bestaansjaar vier, het president Jacob Zuma Sondag gesê.
Volgens die SABC het Zuma hierdie aankondiging gemaak tydens ‘n sametrek by die Bonxa-informele nedersetting in die Oos-Kaap.
Na bewering het Zuma gesê dat dissipline binne die party die deurslaggewende rol sal speel om 1 miljoen lede te werf.
Dié veldtog, genaamd Imvuselelo, is uiters belangrik vir die ANC, het Zuma gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA