ANC 'meer as gereed' vir beleidsgesprekke
2012-06-25 16:44
Johannesburg – Die ANC is meer as gereed vir sy beleidskonferensie, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Maandag gesê.
“Daar was baie sterk debatte binne ons takke, streke, provinsies [en] alliansiestrukture, sowel as [onder] die publiek oor die beleidsvoorstelle,” het Mantashe aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
“Ons is vol vertroue dat die beleidskonferensie... al daardie gesprekke sal saambring en uitstaande uitkomste tot gevolg sal hê.”
Die ANC se vier dag lange beleidskonferensie begin Dinsdag by Gallagher Estate in Midrand, Johannesburg.
Volgens Mantashe sal sowat 3 500 afgevaardigdes die konferensie bywoon.
Die groep is saamgestel uit afgevaardigdes van takke, lede van die nasionale uitvoerende komitee, die ANC-ligas, alliansie-vennote en verteenwoordigers van ondernemings, het hy gesê.
Dinsdag se sessie sal begin met ‘n toespraak deur pres. Jacob Zuma.
Daarna sal ‘n geslote, voltallige sitting begin.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA