ANC, media takel mekaar Dinsdag

2010-08-08 12:20
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Johannesburg - Die volgende ronde in die media se stryd teen die voorgestelde mediatribunaal vind Dinsdag by die geskiedkundige Lilliesleaf in Sandton plaas.

Lilliesleaf is die plaas waar ANC-lede op 11 Julie 1963 in hegtenis geneem is en dokumente met planne om die land met geweld oor te neem, gekonfiskeer is.

Dit is hierheen wat die ANC die media genooi het om Dinsdag in gesprek te tree oor die ekonomiese en mediavoorstelle wat voor die ANC se nasionale algemene raad sal dien.

Hiervan is die mediatribunaal, ’n liggaam wat deur politici aangestel sal word om die media te reguleer, die mees omstrede.

Alle verwagtings is dat dit ’n stram gesprek tussen die ANC-verteenwoordigers onder leiding van die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en mediaverteenwoordigers sal wees, tensy die ANC sy standpunt hersien.

Terwyl verskeie ANC-gesinde formasies die afgelope week onversetlik in hul steun vir die mediatribunaal was, het die kabinet Donderdag ’n meer versoenende toon aangehef.

Van pres. Jacob Zuma se voorneme om met redakteurs te vergader om die lug te suiwer, het egter tot dusver blykbaar nog dadels gekom.

Die burgerlike gemeenskap het ook sy stem begin dik maak teen hierdie poging tot ’n polities gedienstige media, met die Freedom of Expression Institute (FXI) wat sy algehele teenkanting teen die beplande tribunaal uitgespreek het. Namens die FXI het Ayesha Kajee gesê die beplande tribunaal, asook die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Inligting is onvanpas.
Die DA het intussen een van sy groot kanonne, Dene Smuts, afgevaardig om die wetsontwerp in die parlement te bestry.

Smuts, wat in die verlede al ’n paar veldslae vir spraakvryheid gewen het, meen die skade kan nog parlementêr beredder word.

En in wat prof. Anton Harber van die Universiteit van die Witwatersrand as die sterkste voorbeeld ooit van eensgesindheid teen sensuur beskryf, het 36 koerantredakteurs in ’n gesamentlike verklaring hul teenstand teen die mediatribunaal en die wetsontwerp uitgespreek.

Dié verklaring verskyn op bl. 25 van vandag se Rapport. Die enigste groot media-instansie wat dit nie onderteken het nie, is die SAUK.

Volgens Harber was daar met die vorige sensuurstryd teen die apartheidstaat nie soveel eensgesindheid nie, want sommige publikasies het die sensuur gesteun.

“Uiteindelik sal die Grondwet, soos geïnterpreteer deur die konstitusionele hof, bepaal of die regering die voorstelle kan deurvoer. Intussen is dit nou tyd vir almal wat grondwetlikheid voorstaan om hierdie vergrype te teen te staan,” het Harber gesê.

Lees meer oor: mediavryheid

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.