ANC-man 'kaap' begrafnis

2011-03-21 10:59
Tweets Share Share line Print

Ermelo - 'n ANC-raadslid in Mpumalanga het 'n man se begrafnis gekaap om 'n woordjie vir sy party in te kry, het The Star Maandag berig.

Nadat hy frases soos "Viva ANC" en "Amandla" uitgeroep het by die begrafnis van Mandla Nkosi, 37, in Fernie, naby Ermelo, het plaaslike raadslid Jabu Hlophe by roubeklaers gepleit om te stem.

"Ons is besig met verkiesingswerk. Laat ons kameraad Mandla vereer deur te stem," het hy volgens die berig gesê.

"Ek glo ons almal weet ons moet op 18 Mei gaan stem," het hy voortgegaan, terwyl Nkosi se familie onderling gemompel het en die weduwee, Khonkezile Dumakude, 32, haar kop geskud het.

Nkosi en sy sewejarige drieling, Sindi, Sindiswa en Sindisile, is verlede week in Bertrams, Johannesburg dood toe hulle kamers afgebrand het ná wat moontlik 'n gasontploffing was.

'n Vriend van die familie, Sipho Mkhwanazi, het opgestaan en protes aangeteken.

"Nkosi het hierdie plek in 1990 verlaat. Maar noudat hy dood is, onthou die ANC hom. Hulle probeer selfs stemme werf tydens sy begrafnis. Dis baie verkeerd," het Mkhwanazi volgens The Star gesê.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê hy is nie vertroud met die besonderhede oor dié spesifieke voorval nie. Hy het egter gesê dat dit onaanvaarbaar sou wees vir 'n ANC-lid om tydens 'n begrafnis stemme te werf.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.