ANC maan Madonsela oor 'inmengery'

2011-12-09 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die openbare beskermer (OB), adv. Thuli Madonsela, moet haar plek ken.

Die ANC het Donderdag dié kwalik bedekte vermaning aan Madonsela in ’n verklaring uitgespreek.

Die party het gesê as mediaberigte oor haar uitsprake oor die Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting waar is, meng sy haar in by die werk van die parlement.

Dit is “bisar” dat sy aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, geskryf het om kommer uit te spreek oor die wetgewende prosesse van die parlement, lui die verklaring.

Dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, het Madonsela in die verklaring geprys vir haar “uitstekende” werk en die vreeslose en professionele manier waarop sy dit aanpak.

Hy is egter bekommerd oor die onlangse briefwisseling tussen Madonsela en Sisulu oor die afwesigheid van ’n openbarebelang-verweer in die finale weergawe van die Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting.

Die wetsontwerp is twee weke gelede deur die Nasionale Vergadering aanvaar.

Volgens Motshekga is die kantoor van die OB onlangs in die media aangehaal waarin “kommer” uitgespreek word oor die wetsontwerp en dat die afwesigheid van die klousule “ondersoek” sal word as ’n klag ontvang word.

“As die mediaberigte reg is, blyk dit dat die openbare beskermer haar inmeng by die wetgewende proses deur die parlement se wetgewende besluite te bevraagteken en te dreig om dit te ondersoek.

“Dié optrede impliseer dat die parlement aanspreeklik is aan die openbare beskermer, terwyl die teenoorgestelde ingevolge die Grondwet waar is.”

Motshekga het daarop gewys dat álle staatsinstellings aan die parlement verantwoordbaar is.

Die Grondwet bepaal ook dat die parlement sy eie reëls en prosedures kan skep.

“Dit is om dié rede dat niemand die reg het om by die werk van die parlement in te meng tensy dit in ooreenstemming met die Grondwet en die reëls van die parlement gedoen word nie.”

As ’n artikel-9 instelling het die OB die reg om voorleggings oor konsep-wetgewing aan die parlement te doen.

“Wat ’n artikel-9 instelling egter nie kan doen nie, is om die parlement se wetgewende besluite te bevraagteken of hom in te meng by die wetskrywende prosesse,” lui die verklaring.

Kgalelelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, kon Donderdag ná herhaaldelike probeerslae nie vir kommentaar bereik word nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.