ANC lieg toe openlik, sê TLU SA

2011-08-05 08:09
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC het blatant gelieg oor sy versekering dat nasionalisering nie oorweeg word nie, het Ben Marais, president van die landbou-organisasie TLU SA, gesê.

Marais het Donderdagaand gesê die onthulling van Cosatu dat hy die ANC-jeugliga aangemoedig het om nasionalisering op die tafel te plaas en dat die ANC reeds ’n taakspan aangestel het om na die uitvoering daarvan te kyk, is skokkend.

Hy het in ’n verklaring gesê dit is duidelik die jeugliga se eise is “nie net praatjies van ’n klomp jong heethoofde nie” en dat dit in werklikheid ondersteun word deur die ANC en Cosatu ... waarskynlik op grond van die SAKP se kommunistiese agenda”.

“Die ANC het dus blatant gelieg. Cosatu het nou openlik erken dat die ANC-taakspan reeds aanvaar het dat nasionalisering sal gebeur, maar dat daar nog besin moet word oor hoe dit prakties uitgevoer moet word.”

Marais het gesê die feit dat vergoeding vir alle nasionalisering ter sprake is, behalwe op grond, bevestig TLU SA se standpunt dat kommersiële boere geteiken word “om vernietig en uitgeroei te word”.

Hy het ook gevra of “dit dan die rede is waarom daar nie aandag aan plaasmoorde gegee word nie”.

Marais het gesê al is daar geen enkele suksesverhaal van nasionalisering ter wêreld nie, “loop die ANC en sy trawante reguit op die ekonomiese afgrond af”.

Die tyd het nou gekom dat die georganiseerde landbou en ondernemings in Suid-Afrika dringend byeenkom en hande vat om almal se belange te beskerm “teen die ernstigste bedreiging nóg wat die ekonomie en die land nou te wagte is”.

Marais het ook gewaarsku voedselsekerheid word ernstig bedreig. “In Egipte en Malawi het revolusies ontstaan deur hoë voedselpryse as gevolg van te min voedsel.

“As hier soortgelyke revolusies uitbreek, het die regering niemand behalwe homself daarvoor te blameer nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: tlu sa  |  landbou  |  cosatu  |  nasionalisering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.