ANC-lede 'verbind tot beleid'
2011-11-28 17:11
Johannesburg – Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het saamgestem dat mense wat vrywillig by die party aansluit, tot die beleide van die party verbind word, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.
Mantashe het verwys na die twee ANC-LP's wat nie verlede week vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gestem het nie.
Hy het gesê "die gedrag van lede wat as vrye agente optree is nie 'n opsie nie".
Mantashe het gesê hy weet nie watter aksie teen die twee LP's geneem gaan word nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA