ANC kritiseer Jansen oor Reitz-vier

2009-10-17 23:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg- Die ANC het die rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om die Reitz-vier terug te verwelkom, fel gekritiseer.

Dié aankondiging is gisteraand in ’n “gebaar van rasseversoening en genesing” deur prof. Jonathan Jansen gedoen met sy inhuldiging as die UV se dertiende rektor.

Voorts word die eertydse Reitz-kamerwonings as ’n “model van rasseversoening en sosiale geregtigheid vir alle studente” heropen.

Die ANC het dié besluit verwerp.

"Die ANC is van mening dat dié gebaar nie tot versoening sal lei nie, maar sal rassehoudings nie net in die universiteit verhard nie, maar ook in die land."

Jansen is die eerste swart rektor en vise-kanselier van dié universiteit in Bloemfontein.

Oor die Reitz-voorval het Jansen gesê dis ’n fout om dit ingevolge ’n individuele patologie te verduidelik en te eenvoudig om die video as ’n produk van vier vrot appels af te maak.

Die video-opname is voorafgegaan deur ’n reeks rassevoorvalle uit protes teen rasse-integrasie, veral in koshuise. Nie alles het die pers gehaal nie en as dit nie vir die openbare verspreiding van die video was nie, sou niemand buite die UV daarvan geweet het nie.

Die ontstellende vraag is wat dit binne die UV was wat dié gruweldaad moontlik gemaak het.

Die Reitz-vier is vergewe en kan weer aan die UV kom studeer.

Ter erkenning van “institusionele medepligtigheid” en vir vergifnis gaan die UV ook skadevergoeding aan die werkers in die berugte Reitz-“walgvideo” betaal.

Ten spyte van die universiteit se besluit, sal die vier studente se verhoor op 26 Oktober begin.

"Die klaers in die saak is die slagoffers, nie die universiteit nie. Die universiteit se besluit sal egter nie die kriminele saak teen die beskuldigdes affekteer nie," het Muthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Saterdag aan die nuusagentskap AFP gesê.

– Sapa-AFP
 

Lees meer oor: kovsies  |  rassisme  |  anc  |  jonathan jansen

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.