ANC-komitee bekend
2012-12-20 18:04
Bloemfontein – Die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) is Donderdag by die verkiesingskongres in Bloemfontein aangekondig.
Onder die nuutverkose lede is Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, Lindiwe Sisulu, minister vir die staatsdiens en administrasie, Collins Chabane, minister in die presidensie en Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling.
Ander lede wat by die komitee betrokke gaan wees sluit in Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, Derek Hanekom, minister van wetenskap en tegnologie, Pravin Gordon, minister van finansies, Nathi Mthethwa, minister van polisie, Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering en Tito Mboweni, gewese president van die Reserwebank.
Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal, Thandi Modise, gewese adjunk-sekretaris-generaal, is nie gekies om op die nasionale uitvoerende komitee te dien nie.
Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, Paul Mashatile, Gautengse ANC-voorsitter en Fikile Mbalula, minister van sport, is ook nie gekies nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA