ANC kap redakteurs

2010-08-09 07:45
Tweets Share Share line Print

Beeld

Kaapstad. – Die ANC en SAKP het ’n gesamentlike verklaring deur 36 koerantredakteurs teen planne om die media se beweegruimte in te kort – wat gister in Sondagkoerante verskyn het – as “teenproduktief” en “oneerlik” afgemaak en só die tafel gedek vir ’n vergadering met koerantredakteurs môre.

Dít te midde van koerantbase se mobilisering en planne om ’n breë front bestaande uit joernaliste, vakbonde, nie-regeringsorganisasies en die burgerlike samelewing te bewerkstellig om persvryheid te beskerm.

Jeremy Cronin, die SAKP se adjunkhoofsekretaris, het gesê die openbare verklaring deur redakteurs, waarin hulle ’n pleidooi lewer dat die ANC hom moet hou by die stigtingsbeginsels van ’n demokratiese Suid-Afrika, gaan die teenoorgestelde uitwerking hê.

“Dis teenproduktief, veral terwyl hulle ons nou probeer oortuig dat hulle in der waarheid nié anti-ANC of anti-regering is nie. Dis nié die boodskap wat oorkom nie.”

Ook die ANC, by monde van sy hoofwoordvoerder, Jackson Mthembu, was nie beïndruk deur dié vorm van solidariteit nie.

“Ons sal Dinsdag vir hulle sê hoe ons voel. Ek kan egter dít sê: die redakteurs is nie eerlik nie.”

Dit bly onduidelik wat Cosatu, die derde alliansievennoot, se amptelike standpunt rondom die breër kwessie van persvryheid is.

Hoewel die vakverbond sterk standpunt teen die voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting ingeneem het, het hy hom nog nie teen die beoogde mediatribunaal of die inhegtenisneming van ’n Sunday Times-joernalis verlede week uitgespreek nie.

Die Auckland Park-verklaring, wat Vrydag deur die land se vernaamste redakteurs onderteken is, verbind koerante daartoe om basiese regte soos in die Grondwet vervat “ten alle koste” en saam met alle Suid-Afrikaners wat hul vryheid hoog op prys stel, te verdedig.

Redakteurs sê hulle is diep bekommerd oor pogings om vryheid van spraak en die vrye vloei van inligting in te perk, veral omdat dit die “siel van demokrasie en die kern van die vryheidstryd” was en verwerp die voorgenome inligtingswet en mediatribunaal.

Mondli Makhanya, hoofredakteur van die Avusa-groep, sê die aksiekomitee wat verlede week gestig is om persvryheid te verdedig sal sy strategie om breë burgerlike mobilisering teen die ANC se planne te bewerkstellig vandeesweek afhandel.

“Dis ons besliste plan om groepe so breed moontlik te betrek.

Ons gaan met vakbonde, nie-regerings­organisasies, burgerlike organisasies, kerke, die Freedom of Expression Institute (FXI), Treatment Action Campaign (TAC) en Save Our SABC Coalition (SOS) kontak maak.

Die punt wat gemaak moet word, is dit gaan nie net oor die media nie, dit gaan oor die vryheid van ons hele samelewing.

“Die Auckland Park-verklaring is histories ... dis redakteurs van oor die hele koerantspektrum wat aan die ANC sê: ‘Ons staan saam.’ ”

Volg Nuus24 op Twitter


- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: anc  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.