ANC kap 'Zuma-kwaadpraters'
2012-12-28 17:57
Johannesburg – Die wat bevooroordeeld is teenoor pres. Jacob Zuma het die land verhinder om sy aanmerkings, dat troeteldiere deel is van die 'wit kultuur', te verstaan, het die ANC se hoofsweep Vrydag gesê.
"Slegs die mense wat bevooroordeeld en vyandig is wil hê dat ons moet glo dat die president sy vakansie onderbreek het om die gemeenskap oor honde toe te spreek," het die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, in 'n verklaring gesê.
Mothapo het gesê diegene "wat diepliggende anti-Zuma vooroordele het" sluit mense in die media en sekere politieke kommentators in.
Die Star het Donderdag berig dat Zuma, in 'n toespraak wat hy by Impendle in KwaZulu-Natal gelewer het, gesê het dat om geld te spandeer deur 'n hond te koop en die hond dan na die veearts te neem en met die dier te gaan stap, alles deel is van die 'wit kultuur'.
Die presidensie het later 'n verklaring uitgereik om te verduidelik dat Zuma slegs probeer het om "Afrikane
se gedagtes te dekoloniseer" met sy toespraak.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA