ANC-jeugliga sien rooi oor Malema-lied

2011-11-04 13:10
Tweets Share Share line Print

Durban – Die ANC-jeugliga het onderneem om die vrystelling van ‘n lied wat Julius Malema se gedrag bevraagteken, te verhoed.

“As hulle daardie simpel lied vrystel sal ons hulle hard tref,” het die jeugliga se algemene sekretaris, Sindiso Magaqa, gesê.

Izingane Zoma, ‘n maskandi-musiekgroep, het ‘n enkelsnit genaamd “uMalema” aan radiostasies vrygestel en dit sal na verwagting volgende week ook te koop wees.

The Mercury
het berig dat die lied Malema daarvan beskuldig dat hy die ANC se leierskap kritiseer en dat hy buite beheer is.

Dieselfde groep het ‘n enkelsnit oor president Zuma vrygestel voordat hy in 2007 as president van die ANC verkies is. Dié lied se titel was “Msholozi”, Zuma se stamnaam, en het gevra dat hy as president gekies moet word en dat die korrupsie-aanklagte teen hom laat vaar moet word.

Magaqa het gesê sy organisasie sal nie toelaat dat die groep hul leier beledig nie.

“Ons sal hulle nie toelaat om dit te doen nie. Ons weet hulle het dit voorheen gedoen en hulle was suksesvol, maar hulle sal nie hierdie keer wen nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die jeugliga hof toe sal gaan om die vrystelling van die lied te keer, en dat hulle die groep vir naamskending sal dagvaar.

Izintombi Zoma se vervaardiger, Busani Khuzwayo, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: julius malema  |  anc-jeugliga

Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.