ANC-jeugliga beskuldig Afrikaners van volksmoord
2010-06-09 11:39
Kaapstad – Die ANC-jeugliga het in reaksie op die volksmoord-saak teen Julius Malema, die hele Afrikaner-gemeenskap van volksmoord beskuldig.
‘n Man van Rustenburg het ‘n klag van volksmoord en misdade teen die mensdom by die internasionale strafhof in Den Haag teen Malema ingedien.
“As daar ‘n groep mense is wat van volksmoord skuldig is, dan is dit die Afrikaners.
“Dit is hulle wat talle vryheidsvegters en onskuldige Suid-Afrikaners vermoor het om die Apartheid-regime te beskerm,” het Floyd Shivanbu, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, gekap.
Hy het ook gesê dat hulle, die ANC-jeugliga, die Afrikaner vergewe het vir dié wandade.
Malema se gunsteling vryheidslied, met die woorde "dubul' ibhunu" (skiet die boer), het gelei daartoe dat ‘n onbekende man ‘n saak teen die ANC-jeugliga se leier gemaak het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter