ANC jag LP's wat nie ja stem

2011-11-24 07:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC se lang messe is uit vir parlementslede wat nie gestem het vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting nie.

’n Kwaai verklaring oor dié kwessie is Woensdag deur die party se nasionale woordvoerder, Jackson Mthembu, uitgereik.

Die ANC het Woensdag die aanvaarding van die wetsontwerp verwelkom, maar terselfdertyd ’n waarskuwing gerig: “Die optrede van kamerade soos prof. Ben Turok wat hul besware gelug het deur nie te stem nie en die media te gebruik, smaak na swak dissipline en sal intern deur die ANC gehanteer word.”

Dié spoedige optrede staan in skrille kontras met die ANC se jare lange gesloer om teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, op te tree.

Meer as 30 ANC-parlementslede het Dinsdag nie gestem nie of het nie die sitting in die Nasionale Vergadering (NV) bygewoon nie.

Gloria Borman van Durban was die enigste ANC-LP wat buite stemming gebly het. Sy was in die NV, maar het elektronies aangedui dat sy buite stemming bly.

Turok het kort voor die begin van die stemmery uit die NV ge­stap. Hy het Woensdag aan Die Burger gesê hy dink die wetsontwerp het “meer werk nodig”.

“Ek dink nie dit is heeltemal afgehandel nie.”

Hy het Woensdagoggend in ’n onderhoud op SAfm gesê daar is baie “onrustigheid” weens die haas met die wetsontwerp.

“Wat my verontrus, is dat mense die wetsontwerp verskillend interpreteer. Dit is ’n netelige stuk wetgewing – dit is baie moeilik en emosioneel.”

Hy dink die wetsontwerp behoort deur die Nasionale Raad van Provinsies vertraag te word. Minstens nóg ses maande en raadpleging is nodig.

Borman het gesê sy kon haarself nie sover bring om vir die wetgewing te stem nie omdat sy voel dit sal ’n struikelblok in die stryd teen korrupsie wees.

“Die ANC is daartoe verbind om korrupsie – wat ’n kanker in ons samelewing geword het – uit te wis. Ek dink die wetgewing sal dit moeiliker maak om inligting in dié verband na vore te bring,” het sy bygevoeg.

Salam Abram, ANC-LP, kon nie die sitting bywoon nie omdat hy siek was. Hy het gesê hy sou ook buite stemming gebly het.

Hy glo die wetsontwerp maak inbreuk op vryheid van spraak, die verkryging van inligting en vryheid van openheid om “alles wat verkeerd is” op die lappe te bring.

“Die vryheid waarvoor die ANC jare lank ’n stryd gevoer het en waaroor daar baie bloed vergiet is, word deur sekere bepalings van die wetsontwerp vernietig. Die toekomstige geslagte sal ons nie daarvoor vergewe nie,” het Abram gesê.

Prof. Dirk Kotze, politieke kenner van Unisa, het gesê om buite stemming te bly is ’n manier wat LP’s gebruik wat voel dat hulle nie in die openbaar teen wetgewing kan stem nie, maar dit ook nie kan ondersteun nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: media  |  anc  |  inligtingswet  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Albert sê... Allemagtig maar die klomp kan praat, 'n mens kan sweer hulle is ernstig en dat hulle hulleself glo. Die Premier van die Limpopo van almal, die provinsie wat R42 Miljard se skuld nie kan verklaar nie. Disipline??? Zuma en die hele verdomde regering is 'n toonbeeld van ongedisiplineerdheid by uitnemendheid. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.