ANC in Wes-Kaap steun Mediaplan

2010-09-13 06:45
Tweets Share Share line Print

Bredasdorp - Die Wes-Kaapse ANC het die naweek sy steun aan die voorgestelde mediatribunaal toegesê, want “die media word gedryf deur mediatrepeneurs en wetteloosheid”.

Dít was van die besprekings tydens die ANC se provinsiale hoofraadsvergadering, wat gehou is om op provinsiale vlak die waters te toets vir die komende nasionale hoofraadsvergadering einde vandeesmaand.

Op dié vergadering sal die vordering met die implementering van die Polokwane-resolusies geëvalueer word.

Afgevaardigdes het tydens die terugvoersessie gesê die media is nie neutraal nie en weerspieël ideologiese gevegte op grond van klas en ras.

Daar is ook gesê selfregulering werk nie. Die media is ook daarvan beskuldig dat hy feite verdraai en sensasioneel is en glad nie die Suid-Afrikaanse nasionale agenda help dryf nie.

Daar is onder meer aanbeveel dat naas die tribunaal ook ’n mediahandves opgestel word wat die transformasie van media-eienaarskap moet dryf.

Vordering met ekonomiese transformasie in die land het talle van die afgevaardigdes later warm onder die kraag gehad.

“Die punte oor ekonomiese transformasie maak ons nie opgewonde van blydskap nie,” het Maxwell Moss, ’n ANC-afgevaardigde, gesê.

“Dit is nie spesifiek genoeg nie. Ons moet ’n oorsig doen van ekonomiese ontwikkeling sedert 1994 en spesifiek wie wat gekry het,” het hy gesê.

Moss moes terugvoer gee oor die uitkoms van besprekings in die wegbreeksessies hieroor.

Hy het gesê die besprekings­dokument “is te sag en neig te veel na kapitalisme”.

“Daar is geen radikale alternatiewe in die dokumente oor veral die hersiening van monetêre en fiskale beleid nie.”

Moss het ook gesê die dokument se fokus is nie plaaslik genoeg nie en daar moet ook meer op vroue en gestremdes gefokus word.

Toe die kwessie van nasionalisering, veral van myne, geopper is, het van die ANC-afgevaardigdes om die teetafel onderlangs gesê: “Vat dit, ja, dit is ons s’n.”

Een van die afgevaardigdes het tydens Moss se terugvoering gesê daar is meer as R6miljard se minerale onder die grond wat vir die nasionale transformasie-agenda aangewend kan word.

“Belastinginkomste is nie genoeg vir die regering om armoede aan te spreek nie,” het die afgevaardigdes gehoor. “Ons moet eis wat aan ons behoort.”

Membathisi Mdladlana, die Wes-Kaapse sameroeper van die ANC-taakspan, moes die afgevaardigdes paai toe emosies begin hoog loop en dié debat gedreig het om die terugvoersessie te oordonder.

“Ons is hier om besluite wat reeds geneem is te assesseer en nie nuwes te maak nie,” het hy hulle herinner.

- Die Burger

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.