ANC-hoofraadsvergadering ‘n 'klinkende sukses'
2010-10-04 20:46
Johannesburg - Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Maandag aangekondig die party se hoofraadsvergadering verlede maand in Durban was ‘n “klinkende sukses”.
“Dit het die beoogde resultate bereik, naamlik om ‘n massiewe politieke leerskool te wees, aangesien afgevaardigdes van ANC-takke deel van distriks- en provinsiale rade kon word,” het ANC-woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.
“Dit het die liggaam as ‘n geheel, sy ligas en alliansievenote toegelaat om vordering sedert die 52ste konferensie, in Polokwane in 2007, te evalueer en te hersien.”
Dit het seker gemaak dissipline word “sonder ‘n oogknip” toegepas.
In ‘n ekonomiese opsig het die NUK die ANC geïnstrukteer om hoë werkloosheidsyfers, verdiepende armoede en groeiende ongelykheid te takel.
“Die nasionale werkkomitee wil graag die hoofraadsvergadering se resolusie herbevestig dat die rol van die staat in die ekonomie fundamenteel is, en groter as die kwessie van die nasionalisering van myne.”
Die party wil ook ‘n “in-diepte studie” doen oor hoe die land se natuurlike hulpbronne ten beste aangewend kan word om alle Suid-Afrikaners te baat.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA