ANC-hoës kan spit afbyt oor ‘skandaal’

2011-08-04 07:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die koppe kan begin rol ná ’n uitgebreide interne forensiese ondersoek na die ANC se “bruinkoevert-skandaal” tydens die party se bewind in die Wes-Kaap.

Benewens bekende politici kan verskeie hooggeplaaste amptenare in die wetgewer die spit afbyt.

In ’n beëdigde verklaring, wat in besit van Media24 se ondersoekspan is, sê adv. Brent Gerber, direkteur-generaal van die provinsie, daar bestaan ’n “redelike vermoede” dat verskeie mense aan een of meer oortredings skuldig kan wees. Die verklaring is reeds aan die polisie oor- handig.

Onder die bekendes wat Gerber noem as betrokkenes by ’n uitgebreide netwerk van beweerde korrupsie en wanbesteding is Ebrahim Rasool, gewese Wes-Kaapse premier, en Marius Fransman en Leonard Ramatlakane, gewese provinsiale ministers.

Die verklaring is afgelê ná ’n ondersoek deur ’n span interne en eksterne forensiese kundiges. Bedrae van tussen R50 miljoen en R200 miljoen wat aan konsultante en reklamemaatskappye bestee is, is vroeër genoem.

Gerber noem dat hy uit ’n beëdigde verklaring van Ashley Smith (voormalige Argus-joernalis), wat erken het dat hy omkoopgeld ontvang het, aflei dat sekere mense “saamgesweer en -gewerk het met Rasool, Fransman en Ramatlakane”.

Ingevolge die Wet op die Voorkoming en die Bekamping van Korrupte Aktiwiteite is dit onwettig.

Ramatlakane het gister gesê hy weet niks van die ondersoeke nie, terwyl Rasool en Fransman nie op navrae gereageer het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Theuns sê... Jy is so deurmekaar soos katkots in 'n tuimeldroeer! En jy is reg jy weet wat jy doen. Jy ou stortkop het ons land op sy kniee. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.