ANC-hoës is teen wet

2010-08-10 07:34
Tweets Share Share line Print


Die Burger

Kaapstad - Die ANC se oënskynlike planne om persvryheid in te perk het uit eie geledere die wind van voor gekry.

Ronnie Kasrils, oudminis­ter, het Maandag die omstrede Wetsontwerp oor die Beskerming van Inligting gekritiseer en Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, het gesê hy staan “saam met redakteurs” in hul pogings om dié wet te keer.

Kasrils, ’n voormalige ANC-minister van intelligensie wat die omstrede wetsontwerp in 2008 ter tafel gelê en toe teruggetrek het, meen die vyandige klimaat wat geskep word en die seine wat die regering oor persvryheid uitstuur, “moet beveg word”.

Hy het in ’n onderhoud op Talk Radio 702 skerp kritiek gelewer op sy party se motiewe met die wet, gesê hy vrees boosdoenery kan toegesmeer word indien die wet deurgevoer word en dat joernaliste “nie soos vyande behandel moet word net omdat hulle met die regering verskil nie”.

Die parlementêre ad hoc-komitee wat die wetsontwerp oorweeg, sal vandag gesprek voer oor openbare voorleggings wat aan die wetgewer gedoen is.

Kasrils het die benadering van dié komitee se voorsitter, mnr. Cecil Burgess (ANC), ook skerp veroordeel. “Sy kommentaar dat mense ‘obsessief oor oopheid’ is, is ysingwekkend...ysingwekkend. Dis ’n boodskap wat ongelukkig soms van die regering af kom en waarteen ons moet waak. Ons Grondwet gaan immers oor oopheid, verantwoordbaarheid en deursigtigheid.”

Hy het ook ’n beroep op die regering gedoen om te gaan kyk na die weergawe van die wet wat hy destyds laat oorskryf het en waarin verskeie wigte en teenwigte, insluitend ’n bepaling oor openbare belang, vervat is.

Vavi het herhaal die vakverbond is teen die wet gekant. “Ons is saam met redakteurs hieroor en sal dit teenstaan so lank as wat nodig is. Dit is in elk geval moontlik ongrondwetlik en ek meen tog dit sal heroorweeg word.”

Hy wou hom egter nie uitlaat oor die ANC se planne vir ’n media­tribunaal nie en het gesê sy organisasie het nog geen formele standpunt daaroor nie.

Dit sal op ’n vergadering van Cosatu se uitvoerende komitee op 23 Augustus uitgeklaar word.

Kasrils meen die ANC se planne daarvoor moet óók fyn bekyk word: “Só ’n liggaam móét onafhanklik wees. Hoe op dees aarde gaan mense dit vertrou indien dit blyk ministers of die regering beheer dit?”

Intussen het Media Monitoring Africa (MMA), ’n organisasie wat verslaggewing en neigings in die pers dophou, gesê ANC-kritiek op die media is disproporsioneel en ongebalanseerd en dat die party hom eerder tot retoriek wend as om statistieke of ander tasbare bewyse voor te lê.

“Dit is die MMA se siening, ná 17 jaar wat ons die media dophou, dat die ANC se aantygings (oor oneerlikheid, gebrek aan integriteit en ’n halsstarrigheid om regstellings te plaas) eenvoudig onwaar is.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Heidi sê... WARE WOORDE!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.