ANC het dié boer se dood veroorsaak’

2010-03-13 10:32
Tweets Share Share line Print

Marietie Louw-Carstens, Beeld.

Agri SA gee ANC-politici die skuld vir nóg ’n plaasmoord in Limpopo gisteroggend.

Jan Wheeler (65) is in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10km buite Marble Hall vermoor waar hy as ’n bestuurder gewerk het. Hy is met ’n skerp voorwerp gesteek en verskeie kere geskiet.

Die moord kom drie dae nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, tydens ’n studentesaamtrek by die Universiteit van Johannesburg gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters.”

Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het gesê: “Die ANC kan nie vra vir moord op boere en dan omdraai en sê hulle het niks daarmee te doen nie.”

Volgens hom veroorsaak uitsprake soos Malema s’n plaasmoorde. “Dit het destyds begin by Peter Mokaba en sy ‘kill the Boer, kill the farmer’. Dit kan nie so aangaan nie, daar sal ’n duidelike streep in die samelewing getrek moet word oor dié uitsprake. Die ANC kan nie vra vir nog plaasmoorde nie.”

Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA-Noord, het gesê Malema het met die sing van die liedjie gewys hy en die ANC het geen respek vir lewe nie. “Hulle skep daardeur ’n klimaat vir volksmoord en dit is vir hulle aanvaarbaar.”

Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-Afrikaners dood te maak”, berig Sapa.

Wheeler is die vyfde mens wat binne drie weke op plase in Limpopo vermoor is.

Volgens Paul Jacobson het van die plaaswerkers glo inligting gekry dat daar ’n aanval op Wheeler, sy oom, gaan wees. Hulle het die eienaar van die plaas waarop Wheeler gebly het daarvan ingelig.

Die eienaar het die polisie daaroor gebel. Jacobson het gesê die veiligheidshek by die agterdeur van sy oom se huis is oopgebreek. Wheeler is in die hoofslaapkamer oorval.

Hy was alleen tuis, want sy vrou, Lorraine, is in die Groblersdal-hospitaal met ’n gebreekte been.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Wheeler is eers met ’n skerp voorwerp gesteek, waarna hy verskeie kere geskiet is.
Jacobson het gesê ’n ketel, mikrogolfoond, elektriese braaier, stoompot en twee DVD-spelers is uit die huis gesteel. Die aanvallers het in Wheeler se vragmotor gevlug.

Otto het gesê die polisie sal ondersoek instel na die wenk wat glo oor die aanval deurgegee is.

’n Spesiale span polisielede is volgens haar saamgestel om Wheeler se moordenaars vas te trek.

Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie.
 

Lees meer oor: plaasmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Onpatriotiese werkgewers??? Ek vind groot genot daarin om op jou parade te P - JULLE wat Cosatu is, JULLE wat deel vorm van die onheilige alliansie is verantwoordelik dat werkgewers liewers uitkyk vir dit wat saak maak - hulle besighede. Hulle is nie onpatrioties nie, hulle is realisties. Maar kommuniste het mos geen idee van hoe 'n ekonomie werk nie - weet net hoe om te gebruik, nie om te maak nie Patriote word nie in besighede gevind nie. Patriote word gevind in die gewapende magte, in die staatsdiens, in die politiek en om eerlik te wees, met die manier hoe julle die land plunder, is daar GEEN patriote in ons regering nie. Patriotisme het gesterf in 1992 toe die NP ons 'n rat voor die oe gedraai het Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.