ANC gaan Zuma nie 'druk' oor OB-verslag
2011-08-24 11:51
Johannesburg – Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag gesê dié party kan nie aan pres. Jacob Zuma voorskryf wat om te doen oor die Openbare Beskermer se verslag oor genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, en Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, nie.
Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer (OB), het in Julie voorgestel dat Zuma teen Cele en Mahlangu-Nkabinde optree vir hul rol in die ondertekening van huurkontrakte vir nuwe polisiekantore.
Zuma is deur Cosatu en opposisiepartye gekritiseer omdat hy nie ag slaan op haar voorstelle nie.
Mantashe het gesê hulle gaan nie druk op Zuma plaas nie.
"Daar is 'n verslag van die Openbare Beskermer aan die president oor al die kwessies. Die president moet tyd en ruimte gegee word."
– Lees meer hier
– Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter