ANC en Vavi weer haaks

2010-11-03 06:28
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - ’n Woedende ANC het Cosatu gewaarsku teen enige planne deur vakbondleiers en die burgerlike samelewing om ’n opposisieparty te stig.

Dít volg op Cosatu se burgerlike beraad verlede week wat vir die ANC lyk na pogings om vir ’n regeringsverandering voorbrand te maak.

Die vakverbond het egter teruggekap, die aantygings verwerp en gesê hy gaan nie aan ’n oor-en-weer-slegsêery deelneem nie.

“Ons gaan nie op insinuasies of die bevraagtekening van Cosatu se geloofwaardigheid of dié van sy leiers, wat duidelik in ’n smeerveldtog geteiken word, reageer nie. Ons reageer op grond van beginsels.”

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Dinsdag in ’n sterk bewoorde verklaring van die party se nasionale werkkomitee (NWK) gesê Cosatu moet daarteen waak om die indruk te wek dat hy besig is om ’n werkersparty op die been te bring.

Die vakbondfederasie moet – met oënskynlike verwysing na die MDC in Zimbabwe – “uit die geskiedenis van lande elders op die kontinent leer waar arbeidsleiers met burgerlikes saamgewerk het om alternatiewe politieke partye op die been te bring ten einde die regering te ontsetel”.

Die NWK-verklaring volg op toenemende irritasie in die regerende party oor Vavi en Cosatu se uitgesproke kritiek op regeringsbeleid, toenemende korrupsie in die regering en die vertoning van rykdom deur ANC-kaders.

Hoewel daar vroeër vanjaar sprake van tugstappe teen Vavi was (hy is ook ’n ANC-lid) het die NWK dit volgens Mantashe nie op sy vergadering eergister oorweeg nie.

Mantashe het in die verklaring gesê hy glo nie die meerderheid van Cosatu-leiers wil ’n “regime-verandering” sien nie, maar waarsku dat pogings om ’n breë burgerlike beweging buite die regerende alliansie se strukture te stig “inderdaad vertolk kan word as voorlopige stappe om ’n regime-verandering in Suid-Afrika te bewerkstellig”.

’n Vakbondleier na aan Vavi het gesê Cosatu gaan nie afsien van sy strategie om in die openbaar kritiek te lewer of nou met burgerlike organisasies saam te werk nie.

“Ons het besluit dit is die enigste manier om die ANC onder druk te plaas sodat hy doen wat hy belowe. Dis al hoe Cosatu sy punt kan maak en dit lyk of dit werk. Die ANC is besig om te oorreageer.”

Cosatu het gesê die beraad was nié anti-ANC of -regering nie en organiseerders het uit hul pad gegaan om die saamtrek se doelwitte te verduidelik asook waarom politieke partye nie genooi is nie.

Cosatu is toegewyd tot die alliansie, maar het nie nodig om toestemming te vra wanneer hy in gesprek met ander organisasies wil tree nie.

- Die Burger

Lees meer oor: gwede mantashe  |  anc  |  cosatu

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.