ANC-eeufees: Ekstra 3 000 polisiebeamptes ingespan

2012-01-06 10:30
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – Meer as 3 000 polisiebeamptes van oor die land heen is in Bloemfontein saamgetrek om veiligheid met die ANC se eeufeesviering te verseker.

Nie net die lugruim en paaie word dopgehou nie, maar daar word ook “ondergronds” gewerk om te verseker daar is geen probleme nie, het lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiehoof, Donderdag in Bloemfontein gesê.

Mkhwanazi het gesê intelligensiedienste is ook oor die land heen aan diens om seker te maak daar is geen bedreigings vir die eeufees in Mangaung nie.

Die laaste ding wat moet gebeur, is ’n vliegtuig wat teen die Vrystaat-stadion vasvlieg, sê Mkhwanazi.

“Enigiemand wat ’n komplot beplan, sal vasgevat word.

“Ons gaan weet wat mense beplan en dit gaan nie werk nie.”

Hy het sy beamptes gevra om hard en gedissiplineerd te werk om die meer as 50 staatshoofde, die ander besoekers en inwoners van Bloemfontein behoorlik te beveilig.

“Ons gaan 24 uur per dag werk. Moet nie drink en dronk wees aan diens nie.

“Julle is 24 uur aan diens en kan enige tyd opgeroep word.”

Hy het ook gesê polisiebeamptes mag geensins by politiek betrokke raak ten tyde van die viering nie.

Sommige strate, veral rondom die stadion sal gesluit en deur polisie -en verkeersbeamptes beman word.

Bastion- en Mantlestraat in Waaihoek en Phale-, Mogami -en Sedikelstraat rondom die buitemuurse sportkompleks in Mangaung sal ook gesluit wees. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: anc-eeufees  |  anc  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.