ANC bekommerd oor polisiebrutaliteit

2011-04-28 14:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC is bekommerd oor polisiebrutaliteit in Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.

Zuma het na die moord op die Ficksburg-betoger Andries Tatane en Jeanette Odendaal in Kemptonpark verwys toe hy verslaggewers by Luthuli-huis in Johannesburg toegespreek het. Beide Tatane en Odendaal is na bewering deur polisielede doodgemaak.

“... Ons wil nie hê dat mense gewelddadig teenoor betogers moet optree nie. Ons veroordeel dit ten volle,” het Zuma gesê.

“Tatane het net betoog toe hulle hom doodgeslaan het. Dit is sy reg om protes te lewer. Dit is onaanvaarbaar...”

Zuma het vertroue dat beide moorde nie die ANC se verkiesingsveldtog sal affekteer nie.

“Dit het nie die verkiesing geaffekteer nie, want ons mense weet wat die ANC se uitkyk op dié sake is,” het hy gesê.

Die party sal daarop fokus om demokrasie te “vervolmaak en verryk.”

‘n Video van Tatane se dood is onlangs op nasionale televisie uitgesaai. Altesaam agt polisiebeamptes het Dinsdag in ‘n hof in Ficksburg, Vrystaat, verskyn in verband met die moord op 13 April.

Odendaal (45) is doodgeskiet nadat sy teen ‘n polisievoertuig gebots het. Sy is na bewering deur ‘n polisiesersant doodgeskiet.

Die voorval het Dinsdagaand gebeur toe sy glo haar motor buite die polisiestasie in Kemptonpark probeer parkeer het.

Die offisier sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kemptonpark verskyn.

Twee ander sake van polisiebrutaliteit is Dinsdag in KwaZulu-Natalse howe aangehoor.

Vyf polisiemans het na bewering ‘n aangehoudene in Greytown verwurg. In Hammarsdale word 15 polisiemans daarvan beskuldig dat hulle ‘n verdagte doodgeslaan het.

Volg Nuus24 op Twitter.

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.