ANC-bande is nie sy lokaas, sê sakeman

2010-06-13 10:30
Tweets Share Share line Print

Rapport

Kaapstad - ’n Sakeman met bande met hoë ANC-politici én sakebelange oor die hele Afrika is in ’n bitter vete gewikkel oor beweerde bedrog wat nou in die hof kan draai.

Jeff Franciscus, wat die plaas Klein Nederburg in die Paarl besit en bekend is om sy spoggerige Mercedes-Benz-sportmotors, sê egter dié bewerings teen hom is “bloot ’n saketransaksie wat verkeerd geloop het”.

’n Sakevrou wat anoniem wil bly, het Rapport ingelig sy kan nie haar R155 000, wat ’n deposito moes wees vir ’n saketransaksie tussen hulle, uit Franciscus kry nie.

Franciscus het volgens die bron sy bande met swaargewig-politici soos pres. Jacob Zuma en Trevor Ma­nuel en Marius Fransman, sowel as Manuel se vrou, Maria Ramos, grootbaas van Absa, gebruik om sake met haar te doen.

Dirk Kotze, die bron se prokureur van die firma Van der Meer-prokureurs, sê talle ander maatskappye, wat glo saam R1 miljoen as deposito’s aan Franciscus betaal het, beplan nou regstappe.

“Ons het reeds ’n klag van bedrog by die Kuilsrivier-polisiekantoor (wat dit aan Rapport bevestig het) ingedien en sal binnekort ’n likwidasie-aansoek teen sy maatskappy, Proximitas Investments 123, indien.”

Die bron beweer Chris Nissen, nog ’n ANC-grootkop, het gesê sy moet die bedrogklag indien.

Fransman ontken hy het die bron aan Franciscus voorgestel.

“Hul private saketransaksies het niks met my te doen nie. Ek ken Franciscus nie lank nie, maar hy is nêrens in die ANC nie. Mense moet nie politici se name rondgooi nie.”

Volgens Rapport se bron is sy in Maart vanjaar op sy plaas aan Franciscus voorgestel.

“Ons was beïndruk deur sy plaas en Mercedes-Benz-sportmotors van oor die R1 miljoen elk. Ons wou sowat R2,5 miljoen leen om nuwe masjinerie vir ons ingenieursfirma aan te koop.”

Maar Franciscus het onder meer genoem dat hy:

- binne sewe dae internasionale befondsing kan reël,

- goeie vriende met Zuma is en die bron briewe gewys dat hy R8 miljoen tot Zuma se hofsaak bygedra het (hy ontken dit óf dat hy Zuma persoonlik ken); en

- Manuel en Ramos sy vriende is.

Volgens die bron sou sy drasties minder rente betaal op Franciscus se lening as aan die bank en sy het ’n deposito van R155 000 aan hom betaal. Hulle het dit gekanselleer omdat niks gebeur het nie.

Franciscus was gister in sy prokureur, Martin Green, se teenwoordigheid, onbewus van regstappe teen hom.

“Dit is ’n eenvoudige saketransaksie wat gekom het ná ’n liefdadigheidsgeleentheid vir Haïti op my plaas.

“Hulle het ons per SMS ingelig dat hulle dit wil kanselleer en ons het geweier totdat hulle dit per brief doen. Hulle het ’n lasterlike SMS-vete teen my begin, só erg dat ons prokureurs hulle al gewaarsku het om op te hou daarmee.”

Hy ontken hy het die genoemde politici se name aan die mense genoem.

“Hulle was onder ’n wanindruk dat, omdat ek daagliks met politici omgaan, hul besigheid onbehoorlik daardeur bevorder sal word.

“Ek sal egter nie hieroor my bande met ANC-politici verbreek nie en oor my karre, so what? Ek kan ’n Porsche ry en dan het dit steeds niks met hulle te doen nie. Hulle moet hul bewerings kan bewys.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

CJZeelie sê... Adele, dra die broek as dit jou pas. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.