ANC: 'Vra minster omverskoning'
2009-07-17 09:45
Die ANC het uitgevaar teenoor prof. Jonathan Jansen oor beweerde rassistiese ondertone in ‘n stelling wat hy onlangs oor me. Angie Motshekga, die nuwe minister van basiese onderwys, gemaak het.
Me. Jesse Duarté, ‘n woordvoerder van die ANC, het in ‘n ope brief aan Jansen gesê dat hy vroue in dieselfde posisie as Motshekga minag en dat hy haar in die openbaar om verskoning moet vra.
Motshekga is deur prof. Jonathan Jansen, aangewese rektor van die Universiteit van die Vrystaat, as ’n lui en onbevoegde minister bestempel, gegewe haar geskiedenis as LUR in Gauteng.
SAPA