ANC - SA het korrupsie by ou regering geërf
2010-04-18 05:51
Johannesburg - Suid-Afrika het 'n "korrupte en verkeerde waardestelsel" geërf, en is besig om daardie stelsel te bestuur.
Dit was Vrydag die woorde van die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe.
"Die nuwe bedeling (ná 1994)...het 'n gevestigde waardestelsel geërf wat individuele verryking as die middelpunt van die stelsel vir die ganse samelewing geplaas het," het Mantashe in die Johannesburgse stadsaal tydens die eerste Violet Seboni-gedenklesing gesê.
“Omdat die wit minderheid die dominante sosiale mag in ons land was, het dit in ons hele samelewing (ook die onderdruktes) ’n diepgewortelde begrip laat posvat dat persoonlike welvaart die enigste ware maatstaf is van individuele sukses en sukses in die samelewing,” het Mantashe bygevoeg.
Lees meer hier.