ANC: 'Malema se lewe in gevaar'

2010-03-20 06:40
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Die Burger

Kaapstad - Die ANC gaan die VF+ by die gelykheidshof verkla omdat sy “Vervolg Malema”-veldtog regses opsweep om plaasmoorde op die berugte jeugliga-leier te wreek.

Jackson Mthembu, die regerende party se nasionale woordvoerder, het Vrydag ook gesê die veldtog stel Julius Malema se lewe in gevaar en dat dit selfs tot sy “teregstelling” kan lei.

Die ANC het besluit om Malema onder sy vlerk te neem nadat hy die struggle-lied “Kill the Boer” onlangs by politieke byeenkomste gesing en dit groot woede uitgelok het.

Minstens twee veldtogte – “Stop Malema” van AfriForum en “Vervolg Malema” van die VF+ – is sedertdien op die internet begin.

Die VF+ se veldtog, wat in die vorm van ’n polisiedossier aangebied word, beskuldig Malema van “haatspraak teen Afrikaners, minderhede en blankes”. Volgens die party skep Malema ook ’n “atmosfeer waarin misdaad, plaasmoorde en vrees gedy”.

Ondersteuners word voorts versoek om ’n protesbrief te onderteken waarin pres. Jacob Zuma gevra word om Malema as president van die ANC-jeugliga af te dank.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, was Vrydag stomgeslaan oor die ANC se besluit om hulle gelykheidshof toe te sleep.

“Ons wil Malema nie dood hê nie, anders as die lied wat hý sing dat ‘Boere doodgeskiet’ moet word.”

Volgens Mulder het die ANC nie begrip vir die emosies wat die lied by wit mense uitlok nie en het die party ook geen idee wat haatspraak is nie. Hy het só ’n klag vroeër die week by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria teen Malema aanhangig gemaak.

Mthembu het egter volgehou die VF+ voer ’n persoonlike veldtog teen Malema en dat hy “beswadder” en “geïsoleer” word. Ook dat die VF+ ’n gunstige omgewing skep vir “waansinnige verregses” om Malema aan te val.

“Ons sal hulle (die VF+) verantwoordelik hou (as iets met Malema gebeur),” het Mthembu gewaarsku. “Hulle verbind hom (Malema) met plaasmoorde. Dis belaglik. Wie weet watter verregses wag om wraak te neem?”

Volgens Mthembu het geen hof die “Kill the Boer”-lied onwettig verklaar nie.

“Vir ons (die ANC) is dit teen die stelsel van apartheid gemik. Daai lied is nie deur Malema uitgedink nie. En wie ook al ’n probleem daarmee (die lied) het, het ’n probleem met die struggle.”

Hofdokumente sal vroeg volgende week op die VF+ beteken word.

- Die Burger
 

Lees meer oor: julius malema

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.