Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

ANC-LP's meen OB verdien te veel geld

2012-02-12 10:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ANC-LP’s meen adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), word te veel betaal.

Madonsela se jaarlikse salaris van R1,789 miljoen is gelykstaande aan dié van ’n appèlhofregter en ’n premier, maar is steeds aansienlik minder as wat die speaker van die parlement, Max Sisulu, en ministers jaarliks in hul sak steek.

Madonsela het Woensdag voor die portefeuljekomitee oor justisie verskyn om ’n hoër salaris vir haar adjunk – adv. Mamiki Shai – te beding, maar moes bontstaan toe ANC-LP’s háár hoë salarispakket skielik bevraagteken het.

Ingevolge wetgewing mag die OB nie minder as ’n regter van die hooggeregshof verdien nie (R1,454 miljoen). Al mag Madonsela se pakket nie midde-in haar termyn van sewe jaar verander nie, oorweeg ANC-LP’s ’n wysiging van die Wet op die Openbare Beskermer om by voorbaat ’n beperking op haar opvolger se salaris te plaas.

Luwellyn Landers, ANC-LP en komiteevoorsitter, het gesê Madonsela moet die kwessie “nie persoonlik opneem nie”. “Die OB verdien nou dieselfde salaris as dié van ’n appèlhofregter. Was dít die bedoeling van die wetgewing? Ek dink nie so nie,” het hy gesê.

Madonsela het vroeër aangevoer haar verpligtinge en dié van haar adjunk is meer “tydrowend” as dié van regters. “Ons hou ook verhore, doen ondersoeke én skryf verslae wat net so belangrik (soos regters se uitsprake) is en dieselfde vaardighede verg. Ons doen eintlik meer skryfwerk as regters en dit is van dieselfde gehalte.”

John Jeffery, ANC-LP, het Madonsela ingevlieg en aangevoer sy durf nie haar kantoor met dié van die howe vergelyk nie.

“My kommer is die OB dink soms sy is ’n artikel 8-instelling (hof), maar sy is nié. Sy is nie ’n regter nie en lewer nie uitsprake nie.”

Die eintlike doelwit van Madonsela se besoek was om die portefeuljekomitee te vra om haar adjunk se huidige jaarlikse salaris van R1,2 miljoen tot R1,45 miljoen te verhoog. Sy het gepleit dit moet terugwerkend tot Mei 2010 wees.

Nie een van die LP’s was egter daarvoor te vinde nie omdat Shai toe sy in Desember 2005 aangestel is, geweet het wat haar jaarlikse salaris is en dit onvoorwaardelik aanvaar het.

Jaarlikse salarispakkette:

* Pres. Jacob Zuma: R2,485 miljoen
* Adj.pres. Kgalema Motlanthe: R2,237 miljoen
* Mnr. Max Sisulu, speaker: R2,237 miljoen
* Hoofregter Mogoeng Mogoeng: R2,237 miljoen
* Ministers: R1,9 miljoen
* Premiers: R1,789 miljoen
* Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB): R1,789 miljoen
* Adv. Lawrence Mushwana, in 2009 toe sy termyn as OB verstryk het: R1,5 miloen

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: thuli madonsela
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Giel Man sê... Sy verdedig haar PRC pruike en KFC stapel dieet... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.