ANC-LP: 'Boere steel hul eie vee'

2010-04-21 06:46
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Die Burger

Kaapstad - Dis boere se skuld dat plase onveilig is, het ANC-parlementslede Dinsdag gesê.

André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee oor landelike veiligheid, het in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê die neerhalende uitsprake wat staatsamptenare en senior politici teenoor wit boere maak, is een van die grootste uitdagings.

Patrick Chauke, ANC-LP, het dit afgelag.

“Politieke uitsprake is die minste van jul probleme. Georganiseerde landbou weet baie goed húlle is die oorsaak van die probleme. Die polisie probeer sy bes, maar die oplossing lê by julle,” het hy aan Botha gesê.

Chauke het voorts aangevoer plaaswerkers word mishandel en dat boere onwettige immigrante “gevange hou”.

“Die meeste van die veediefstal word deur boere self gepleeg. En hulle verkoop alkohol aan die plaasbewoners.”

Volgens Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, is talle boere goedhartig. “Maar dis ook ’n feit dat daar baie gewelddadige boere is en julle (Agri SA) moet hulle in die openbaar veroordeel.”

Aantygings is ook gemaak dat boere traag is om polisiereserviste te word en nie by gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring betrokke wil raak nie.

Botha, self ’n polisiereservis, het agterna aan Die Burger gesê hy is bitter ongelukkig oor hoe die vergadering verloop het.

Hy het ontken boere wil die polisie nie help om plase te beveilig nie.

“Ons probeer ons bes om betrokke te raak (by sektorpolisiëring), maar die stelsels en onbevoegde mense (binne die polisie) verhinder ons.” Botha het gesê die regering versuim sy plig om boere te beskerm en wil al die verantwoordelikheid op georganiseerde landbou afskuif.

“Ek is ’n gewone landsburger met bepaalde regte. Die politici moet erken waar die verantwoordelikheid lê. Dit is hul plig om te regeer. Om die bal terug na ons toe te gooi, néé, ek is nie hiermee gemaklik nie.”

Volgens Agri SA se statistieke was daar die afgelope 18 jaar tot 11 785 plaasaanvalle en is 1 804 boere vermoor. Tot 121 000 stuks vee ter waarde van sowat R365 miljoen is net in die 2008-’09-boekjaar gesteel.

Botha het gewaarsku kommersiële landbou kan die verliese nie onbepaald deurstaan nie, en dat voedselsekerheid bedreig word.

Agri SA steun die regering se plan vir landelike veiligheid en verkies dit bo die ou kommandostelsel. Tog het Botha gesê die plan val uitmekaar weens ’n reuse-gebrek aan leierskap, beheer en kontrole binne die polisie.

Hulpbronne word misbruik, daar is korrupsie en die meeste stasiebevelvoerders weet nie hoe om sektorpolisiëring in landelike gebiede toe te pas nie.

Volgens Annelizé van Wyk, ANC-LP, het die polisie in Mpumalanga in Januarie aan die komitee gesê sommige boere gee nie hul samewerking met polisiëring nie.

* Die jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde sal in Mei bekend gemaak word wanneer die polisie sy plan vir landelike beveiliging aan die parlement voorlê.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: anc  |  landbou  |  boere  |  plaas  |  agrisa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
70 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.