ANC: DA rassisties
2010-01-22 11:43
Kaapstad - Die ANC het Donderdag die DA daarvan beskuldig dat hulle geen ag het vir swartmense nie en dat hulle rassisties is.
Die beskuldiging volg op 'n berig vroeër vandeesweek oor 'n gemeenskap in Khayelitsha, Kaapstad, vir wie toilette sonder mure gebou is.
"As die sogenaamde bewaarders van morele waardes en menseregte moet die DA verduidelik hoe die gemeenskap van Makhaza, insluitende vroue en kinders, toilette sonder mure en enige privaatheid moet gebruik,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Volgens Mthembu is daar geen verskil tussen toilette sonder mure en om jouself in die bosse te verlig nie. Die toilette herinner aan die apartheid-era, het Mthembu gesê.
Lees meer by www.capetimes.co.za