'90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'

2011-05-09 08:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Grondhervorming is nie suksesvol as nuwe plaaseienaars hul grond verlaat om weer in townships gaan bly en die plase nie produktief bewerk word om voedselsekerheid te verseker nie.

Só het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Sondag op ’n mediakonferensie buite Pretoria gesê.

Hy het gepraat ná ’n restitusie-werksessie wat die naweek deur meer as 1 200 afgevaardigdes bygewoon is.

Hiertydens is na die bekommernisse van begunstigdes van grondeise geluister en na tekortkominge van die restitusie-program gekyk.

Nkwinti het op ’n vraag oor grondhervormingsuksesse gesê tot 90% van plase wat in die boekjaar 2009-’10 oorgedra is, het nie presteer nie.

Volgens hom is grondrestitusie ’n ingewikkelde en emosionele kwessie.

Die doel is om te verseker dat grondoordrag met ontwikkeling gepaard gaan. Daarom is dit belangrik om na mense te luister wat grondeise ingedien het, meen hy. “Ons moet hul ervarings verstaan, pleks van in kantore sit en besluite neem oor wat vir hulle goed is.”

Op ’n vraag oor die departement se kommentaar op uitlatings van Julius Malema, ANC-jeugleier, dat grond sonder vergoeding onteien moet word, het Nkwinti gesê grondhervorming moet binne die grondwetlike raamwerk van die land plaasvind.

Volgens hom is die huidige mandaat om 30% van grond teen 2014 oor te dra en boere daarvoor te vergoed.

“Die mandaat het sy eie beperkings en daar is pleidooie dat wysigings gemaak moet word om die verkryging van grond makliker te maak.”

Nkwinti het gesê daar is ’n groot behoefte dat Suid-Afrikaners van grondeise bewus gemaak word omdat mense grond wil koop waarop daar reeds eise is.

Volgens Nkwinti is daar nie meer so baie grondeise agterstallig nie. Dié wat wel uitstaande is, is ingewikkeld en baie geld is daarby ter sprake.

Met verwysing na grondpryse wat deur sommige eienaars opgeblaas word, het Nkwinti gesê die gedagte is dat ’n komitee gestig word wat na standaardpryse kan kyk.

Van die probleme met die restitusie-program wat uitgewys is, is:

Die toestaan van prospekteer- en mynregte aan derde partye deur die departement van minerale bronne op grond wat reeds geëis word of aan mense teruggegee is;
Die afhandeling van eise sonder die versekering van deeltitelaktes vir die begunstigdes;
Beweerde korrupsie en onbevoegdheid van amptenare in die departement;
Swak begrip van die restitusie- en grondregtewet by amptenare; en
Geen regsverteenwoordiging vir grondeisers in geskille wat in die hof eindig nie.

Nkwinti het gesê sy departement se hoogste prioriteit is om die geldelike vergoeding vir grondeise af te handel. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: grondhervorming  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Geen rassis, (neem nou oorlede Eugene Terblanche of die Krokodil vir 'n voorbeeld), sal met soveel styl, soveel tyd afstaan om 'n swart man met sy ontblote pieperman te teken nie. Aikona. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.