9 milj. kinders jaarliks in SA misbruik
2010-11-28 03:33
Kaapstad - Sowat nege miljoen kinders word jaarliks in Suid-Afrika misbruik.
Dit het aan die lig gekom tydens die bekendstelling van die Wit Ballonveldtog deur die SABC en Childline tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, 'n veldtog teen die soort geweld wat landwyd gevoer word.
Volgens Brett Will, 'n woordvoerder van Childline, soek sowat 'n miljoen kinders hulp by hul tolvrye nommer, maar kan sommige van die kinders weens beperkte hulpbronne nie gehelp word nie.
- Vir die volledige storie besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.