800 boere maak planne vir Afrika
2011-04-07 22:00
Johannesburg - Sowat 800 boere maak planne om hul bedrywighede na die Kongo (Brazzaville) en Mosambiek uit te brei, sê Agri SA.
Dr. Theo de Jager, die voorsitter van die organisasie se Afrika-komitee, sê die aanvraag vir boere wat belang stel, groei weekliks.
“Nie soveel om weg te trek nie, maar om hul bedrywighede uit te brei. Ek vermoed daar is al ten minste 800 boere wat besig is om hul somme te maak, vorms in te vul, ens.,” vertel De Jager.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad