8 vas oor bedrog van R6 m. by padfonds

2012-01-20 08:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Ses prokureurs, ’n dokter en ’n agent het die Padongelukkefonds (POF) glo uit R6 miljoen geswendel.

Die arrestasies van dié agt mans is gedoen nadat die hooggeregshof in Pretoria in 2011 sewe advokate uit hul praktyke geskors en nóg ses van die register van advokate geskrap het nadat hulle onregmatig geld uit die fonds gemaak het.

Die 13 regslui skuld die fonds R15 661 00. Hulle het reëls van die Pretoriase balie oortree.

Die POF is bankrot.

Lt.kol. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die arrestasie van die ses prokureurs, die dokter en die agent weens bedrog hou nie verband met die saak waar die 13 regsmanne onderskeidelik geskors en van die rol geskrap is nie.

Volgens Mogale het die ses prokureurs, die dokter en die agent glo namens kliënte eise teen die fonds ingedien.

Die derdeparty-eise, wat ná ’n botsing ingedien is, is na dieselfde dokter verwys wat in sommige gevalle mediese sertifikate uitgereik het aan eisers wat hy nie fisiek ondersoek het nie.

In van die gevalle was die eisers nie eens in botsings betrokke nie.

Mogale het gesê polisielede van die handelsmisdaadeenheid in Gauteng het die dokter, ene dr. Mo-shweu (40), die agent, ene mnr. Mosche (58), en ’n prokureur, ene mnr. Molefe (37), Dinsdag gearresteer.

Mogale kon nie teen druktyd die mans se voorname bevestig nie.

Moshweu en Molefe is in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, terwyl Mosche op borgtog van R1 00 vrygelaat is.

Mnre. Mabena (36) en Mathumo (39), albei prokureurs (wie se voorname ook nie bekend is nie), is Woensdag gearresteer en het in dieselfde hof borgtog van R10 000 gekry.

Nog drie prokureurs, mnre. Selahle (30), Phooko (37) en Ramafalo (49), het Donderdag in die hof verskyn nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het.

Volgens Mogale is dié drie ook op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die sake is vir verdere ondersoek uitgestel.  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: bedrog  |  misdaad  |  padongelukkefonds

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.