8 dood in selfmoordbomaanval
2009-11-08 07:33
Peshawar - 'n Selfmoordbommer het 'n bokmark in die noord-weste van Pakistan aangeval en agt mense is in die voorval dood, het die polisie Sondag gesê.
Die Sondagoggend-aanval was glo gemik teen die plaaslike burgermeester. Dit het in die Adazi-gebied plaasgevind, 16km suid van die hoof noord-weste stad, Peshawar.
Volgens Naseem Khan, 'n polisiewoordvoerder, is die burgermeester, Abdul Malik, in die voorval gewond.
Pakistan is verskeie kere in die laaste paar weke aangeval. Meer as 300 burgers en lede van veiligheidsmagte is dood.
- AP