750 dakloos ná brand
2010-03-08 22:36
Johannesburg - Minstens 750 mense is dakloos gelaat ná 'n gebou wat hulle onwettig beset het, in Marlboro, Sandton aan die brand geslaan het.
Percy Morokane, 'n woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het Maandag gesê die mense het plakkershutte in die verlate fabriek op die hoek van Derdestraat en Vierdelaan gebou.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
"Ons is nie seker wat die brand veroorsaak het nie, maar daar word vermoed dat 'n kers omgeval het."
Daar was sowat 180 plakkershutte in die gebou.
"Meeste van die mense was van buurlande."
Niemand is dood nie en geen beserings is aangemeld nie.
"Ons sal kyk of ons die mense met alternatiewe behuising kan help," het Morokane gesê.
– Sapa