7 wat glo egpaar moor se saak uitgestel
2009-11-20 22:46
Johannesburg - Die saak van sewe mense wat glo twee gastehuiseienaars van Mpumalanga in Oktober vermoor het se hofsaak is uitgestel vir verdere ondersoek.
Cindy Sambo (33), Dorah Sono (36), Nicolas Ncosi Nyalungu (24), Robert Wisani Mgiba (19), Nicolas Mndawe (24), Eddy Ouman Mohlala (44), en Moses Iven Shebeleza Mokoena (27) verskyn weer Dinsdag in die hof.
Kapt. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die sewe mense is in hegtenis geneem nadat Leon Steyn en sy vrou, Hetta, in hul huis langs die gastehuis by die Hendriksdal-treinstasie tussen Sabie en Nelspruit doodgeskiet is.
Sambo en Sono het vir die egpaar gewerk.
– Sapa