7 vas vir moord op gastehuis eienaars
2009-11-17 00:59
Johannesburg – Sewe mense het Maandag in die landdroshof in Sabie verskyn in verband met die moord op Leon Steyn en sy vrou Hetta Steyn in hul huis reg langs hul gastehuis.
Die egpaar is in Oktober vanjaar met ‘n R5-geweer in hul huis doodgeskiet.
Cindy Sambo (33), Dorah Sono (36), Nicolas Ncosi Nyalungu (24), Robert Wisani Mgiba (19), Nicolas Mndawe (24), Eddy Ouman Mohlala (44) en Moses Iven Shebeleza Mokoena (27) is nie gevra om ‘n pleidooi te lewer nie. Die saak is tot Vrydag 20 November uitgestel.
Volgens kapt. Leonard Hlathi was Sambo en Sono werkener van die Steyns. Hulle is aangekla daarvan dat hulle met die ander verdagtes saamgesweer het om die paartjie dood te maak vir geld.
- Sapa