7 jaar tronkstraf vir SA lugwaardin met dwelms

2010-09-28 06:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Lugwaardin van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is in Londen vir sewe jaar tronk toe gestuur.

Elphia (Tshidi) Dlamini (42) van Kaapstad is in Junie met 3 kg kokaïen op die Heathrow-lughawe betrap.

Luidens ’n verklaring deur die Britse grensbeheeragentskap is Dlamini in die Isleworth-hof in Londen skuldig bevind aan smokkelary met dwelms en gevonnis.

As die kajuitkoördineerder van ’n vlug tussen Johannesburg en Heathrow en was sy die mees senior kajuitbeampte aan boord toe die vlugbemanning op 26 Junie op die lughawe voorgekeer is.

Luidens die verklaring is die hele bemanning deur ’n snuffelhond genaamd Clever Trevor deurgesnuffel.

Toe Clever Trevor by Dlamini kom, het hy baie opgewonde vir sy hanteerder aangedui dat hy die reuk van kokaïen aan Dlamini bespeur.

Sy het dadelik skuld beken en die beamptes ook die versekering gegee dat nie een van die res van die bemanning van die dwelms geweet het nie.

Drie pakkies dwelms ter waarde van sowat R1,5 miljoen is in Dlamini se onderklere gevind.

“Sy het duidelik gedink dat die agentskap minder aandag aan lugdienspersoneellede sou gee, maar sy het haar misgis,” het mnr. Peter Avery, assistent-
direkteur gemoeid met misdaadondersoeke in die agentskap, gesê.

Dit was die derde geval waar op dwelms afgekom is wat op ’n SAL-vlug deur Heathrow gesmokkel is.

- Beeld

Lees meer oor: smokkelary

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.