68 busbestuurders beland in rivier

2010-01-22 07:09
Tweets Share Share line Print

Cobus Coetzee

Johannesburg - Die Johannesburgse nooddienste het Donderdag 68 busbestuurders van die Putco-busdiens uit ’n oorstroomde rivier gered nadat hul bus daarin vasgeval het.

Die bestuurders was net ná 15:00 van Soweto in Canadaweg na die busdepot in Putcoton wes van die stad op pad toe die bus deur ’n oorstroomde rivier naby Riverlea wou ry en die bus se enjin gaan staan het.

“Nooddienswerker was reeds op die toneel om ’n wit BMW uit die water te trek. Ons was net klaar met die motor toe die bus wou deurry,” het JJ Viljoen, gebiedshoof van die Johannesburgse nooddienste, gister gesê.

“Ons het vir die busbestuurder gewaai en geskree om nie deur te ry nie, maar hy het ons geïgnoreer.”

Die bus het byna halfpad deur die oorstroomde rivier, sowat 20m breed en op plekke ’n meter diep, gery voordat dit onder ’n treinbrug vasgeval het.

Die nooddienste se watervleuel is na die toneel ontplooi en twee rubberbootjies, wat Crocs genoem word, is gebruik om die passasiers met toue na veiligheid te trek.

Tien nooddienswerkers het byna twee uur gewerk om al die buspassasiers op droë grond te kry.

“Die water was omtrent halflyfhoogte waar die bus vasgeval het. Op die bodem het ’n laag gladde slik gelê. Die stroom het sterk agter die bus verbygevloei,” het Viljoen gesê.

Volgens hom word dié deel van Canadaweg gereeld in die reënseisoen oorstroom.

“’n Paar jaar gelede is twee mense weens oorstromings hier dood.”

Philimon Bogopa, assistent- sake-eenheidbestuurder van Putco wat op die toneel was om toe te sien dat al die busbestuurders veilig by die werk kom, het gesê geen werknemer is in die voorval beseer nie.

Putco sal ondersoek instel om te bepaal of van hul werknemers nalatig was.

Viljoen het motoriste gewaarsku om nie kanse ge waag as paaie oorstroom is nie. “’n Mens kan nie sien hoe diep dit is of hoe sterk die water vloei nie,” het hy gesê.

Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder, het Donderdagaand gesê die pad sal gesluit bly totdat die reën ophou en dit weer moontlik is om daar te ry.

- Beeld

Lees meer oor: bus  |  padveiligheid  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.