66-jarige 3 keer verkrag

2010-09-21 06:57
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - ’n Boervrou van Limpopo is glo drie keer om die beurt verkrag deur drie mans wat haar en haar man eergisteroggend op hul plaas aangeval het.

Die 66-jarige vrou is erg getraumatiseer.

Francois van den Berg, voorsitter van Agri Limpopo, het gesê dit is skokkend dat aanvalle op plase al hoe gewelddadiger raak.

“Dit is barbaars. Geen opgevoede mens sal so iets doen nie,” het hy gesê.

Die drie mans wat glo die vrou verkrag het, is danksy flink optrede van plaaslike boere en die polisie vasgetrek.

Hulle het die vrou en haar 66-jarige man eergister 09:00 op hul plaas naby Marken oorval.

’n Boer van die gebied het gesê hulle vermoed die drie mans het moontlik by ’n werker op die plaas gekuier.

Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het die man in ’n buitetoilet met toue vasgebind.

Hulle het daarna die vrou glo al om die beurt binne die huis verkrag.

Ramatseba het gesê die aanvallers het ’n onbekende bedrag, klere en ook ’n elektriese saag gesteel.

Nadat die mans gevlug het, kon die man hom in die buitetoilet loswikkel. Hy het van sy bure gebel.

Verskeie boere in die omgewing is dadelik van die aanval laat weet.

Hulle het vinnig gereageer en paaie in die omgewing versper.

Ramatseba het gesê ’n 25-jarige man en sy twee makkers van onderskeidelik 30 en 38 jaar is in hegtenis geneem.

Hulle is glo afkomstig van die Steylloop-gebied buite Mokopane (Potgietersrus).

Die polisie het beslag gelê op die elektriese saag, klere en geld. Die drie mans is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn.

Die vrou is eergistermiddag in die provinsiale hospitaal in Lephalale (Ellisras) behandel.

Van den Berg het gesê boere moet aanhou om hulself te beveilig en saam te werk om aanvallers vas te trek.


- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.