60% van SA paaie het skade, slaggate

2010-12-14 22:44
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Sowat 60 km van elke 100 km van die land se padnetwerk van meer as 550 000km is beskadig of het slaggate, het die Automobiel-Assosiasie Dinsdag gesê.

Sowat een uit elke 12 dodelike padongelukke (8,02%) in Suid-Afrika is aan die swak toestand van die paaie toe te skryf, het Logan Maistry, woordvoerder van die department van vervoer, gesê.

Die grootste oorsaak van padsterftes (82%) is menslike foute en die res is aan onpadwaardige voertuie te wyte.

Die AA het volgens Gary Ronald, woordvoerder, bevind die agterstand met die instandhouding van Suid-Afrika se paaie beloop sowat R110 miljard.

“Dié bedrag sluit nasionale paaie uit.”

Dit is egter ’n verbetering op die 2003-beraming van R200 miljard.

Daar was ’n skerp toename in die aantal eise wat met swak padtoestande verband hou, het Santam in ’n verklaring gesê.

“Die toestand van die paaie het verreikende gevolge ten opsigte van die koste van versekering, bybetalings en ander koste soos insleepdiens en motorhuur,” het Louise Pharo, hoof van kommersiële sake in dié versekeringsmaatskappy, gesê.

“Die ongerief-faktor is beduidend.”

As ’n voertuig weens swak padtoestande beskadig word, moet ’n eis by die betrokke department van vervoer op nasionale, provinsiale of plaaslike vlak ingedien word.

Volgens George Corbett, bedryfsdirekteur van Europcar, het dié motorverhuringsmaatskappy se uitgawes weens ongelukke met sowat 25% toegeneem.

“Daar was veral ’n toename in skade aan windskerms, wat deels toegeskryf kan word aan padwerk wat nie behoorlik opgeruim is nie.”

Maistry het gesê R70 miljard gaan in die volgende drie jaar aan die padnetwerk bestee word.

Die departement van openbare werke het nog R10 miljard vir die opgradering van landelike paaie bewillig.

Volgens Maistry het sy departement die uitdagings vroeër vanjaar op ’n padkonferensie bespreek.

“Daar is nie groot probleme met ons nasionale paaie nie. Die probleem is egter op provinsiale en plaaslike regeringsvlak, waar geld wat vir padwerk bestem is vir ander projekte gebruik word.”

Volgens die Johannesburgse Padagentskap (JRA) het hy sowat R120 miljoen vir die instandhouding van die stad se paaie begroot.

“Die instandhoudingsbegroting is nie net vir slaggate nie en ons moet besluit wat die dringendste aandag nodig het,” het adv. Thulani Ma­khubela, JRA-woordvoerder, gesê. “Ons maak ook staat op die publiek om ons in kennis te stel van slaggate waarvan hulle bewus is.”

- Volg Nuus24 op Twitter. Kliek hier.

Lees meer oor: padongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.