60 mense verplaas ná brand in Milnerton
2012-02-02 16:01
Kaapstad – Sestig mense is verplaas ná ‘n brand Donderdagoggend naby Milnerton uitgebreek het, het Kaapstad se rampbestuursentrum gesê.
Die brand het kort ná middernag in die Joe Slovo-informele nedersetting uitgebreek en het 20 sinkhuise en twee huise vernietig, het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, gesê.
Geen sterftes is aangemeld nie, het hy gesê.
“Volgens voorlopige inligting lyk dit of die brand in ‘n woning waar ‘n petrolkannetjie gevind is, ontstaan het. Daar word vermoed dat die oorsaak van die brand brandstigting is.”
Die stad sal diegene wat deur die brand geraak is van kos, komberse, klere en boumateriaal voorsien.
‘n Ander brand het Woensdag 60 mense dakloos gelaat in die Overcame Height-informele nedersetting naby Steenberg.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA