6 weke, 6 moorde

2010-02-12 06:32
Tweets Share Share line Print

Hilda Fourie

Johannesburg - Ses bejaardes is die afgelope ses weke in Pretoria vermoor.

Gisteroggend is die lyke van ’n bejaarde egpaar in hul huis in Mayville gevind.

Hein Engelbrecht (33) het gisteroggend op die lyke van sy oupa en ouma, Theunis (85) en Suzie (83) Venter, afgekom.

Die egpaar, wat verlede week hul 59ste huweliksherdenking gevier het, was vermoedelik al sowat 12 uur dood toe hulle gevind is.

Venter, wat erg aangerand is, het op sy maag in die sitkamer gelê. Sy vrou, wat gesukkel het om te loop nadat sy vroeër ’n beroerte gehad het, is vermoedelik verwurg. Engelbrecht het haar lyk in die gang gekry.

Die vermoede dat sy verkrag is, sal eers by ’n lykskouing bepaal kan word.

Slegs die egpaar se ou Volkswagen Kombi (met registrasienommer KMC 163 GP), ’n Play-Station2 en ’n DVD word vermis.

Dit is nie bekend hoeveel rowers die egpaar oorval het nie.

Insp. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gister gesê Engelbrecht, ’n veiligheidswag, het omstreeks 06:15 ná sy nagskof by die huis aangekom.

Hy woon saam met sy grootouers in dié huis op die hoek van Louis Trichardtstraat en Mortimerlaan, oorkant die Laerskool Mayville.

“Toe hy by die huis kom, het die hek wawyd oopgestaan, die veiligheidshek van die stoep was oop en die Kombi het nie onder die afdak gestaan nie,” het Olivier gesê.

“Hy het sy motorfiets op die gras geparkeer en die huis binnegestorm waar hy op sy ouma en oupa se lyke afgekom het.

“Hy het hulle probeer wakker maak, maar hulle wou nie wakker word nie.”

Die egpaar se boerboel, Luna, het onder die kombuistafel gelê toe polisielede op die toneel kom. Sy is blykbaar erg geskop en geslaan en het nie beweeg nie totdat die polisie die toneel klaar ondersoek het.

Yvette Engelbrecht (29) het in trane gesê haar oupa en ouma wou nooit na ’n ouetehuis gaan nie. Hulle wou nie eens by haar in Kempton Park gaan woon nie. “My oupa het altyd gesê hulle sal doodgaan as hulle in ’n ouetehuis gaan bly. Hulle het baie goeie harte gehad.”

’n Saak van huisroof en moord word ondersoek. ’n Klag van verkragting sal moontlik later bygevoeg word.

Bejaardes wat vermoor is:

    * 3 Februarie: Dr. Francois Steenkamp (71), ’n afgetrede kardioloog wat jare lank in die Medi-Clinic-harthospitaal in Arcadia gewerk het, is wreed in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria vermoor. Steenkamp is glo erg aangerand, sy kop is stukkend geslaan en sy hande was agter sy rug vasgebind.

    * 25 Januarie: Elsa Blignaut se lyk is twee dae ná haar 83ste verjaarsdag in haar bed in haar huis in Nieuw Muckleneuk, Pretoria gekry. Sy is vermoedelik verwurg.

    * 13 Januarie: Ria van den Bergh (65) is helder oordag in haar huis in Hermanstad, Pretoria deur rowers oorval en doodgeslaan.

    * 8 Januarie: Kitty Botha (83) is in haar huis in Lyttelton, Centurion oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan voordat haar huis aan die brand gesteek is.

    * November 2009: Kol. (afgetree) Piet Swemmer (89) is in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria met ’n hamer doodgeslaan.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: moorde  |  bejaardes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Presies, kon dit nie beter gestel het nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.