6 vas met miljoene se perlemoen
2009-10-27 13:44
Johannesburg - Ses Zimbabwiese burgers is met sowat R3 miljoen se perlemoen in Walkerville suid van Johannesburg, gevang.
Polisie het Maandag op ‘n plaas in Walkerville toegeslaan nadat hulle inligting oor vermeende perlemoenhandel ontvang het. Die perlemoen is op die plaas in ‘n vragmotor gevind, wat glo die goedere na Zimbabwe sou smokkel.
Volgens supt. Lungelo Dlamini was die perlemoen tussen groente versteek.
“Ons glo dat ‘n sindikaat wat in die Vaal-Rand omgewing te werke is dié perlemoen in aartappelsakke versteek en dan die land uit smokkel,” het Dlamini gesê.
Die perlemoen is in sowat 336 verkillende sakke versteek en daar word geglo dat die eienaar van die vragmotor wat dié sakke moes vervoer, deel van die sindikaat is.
“Die ondersoek duur voort en ons glo daar sal nog verdagtes vasgetrek word,” het Dlamini gesê.
- Sapa