51 vas in Hillbrow
2009-08-03 12:53
Johannesburg- Sowat 51 persone is tydens die naweek in Hillbrow in hegtenis geneem vir verskeie oortredings.
Volgens Johannesburgse polisie is die verdagtes in Hillbrow, Braamfontein, Joubert Park, Berea, Killarney en Houghton vasgetrek.
“Die klagtes sluit in dwelmhandel, bedrog, aanranding, besit van gesteelde goedere, huisbraak en diefstal,” het kapt. Bhekizizwe Mavundla, polisiewoordvoerder, gesê.
Drie mans is ook vasgetrek nadat hulle in besit was van ongelisensieerde vuurwapens en lewendige ammunisie.
Dié mans word ook gekoppel aan verskeie inbrake in en om die stad.
Al die verdagtes sal in Hillbrow en Johannesburg in die hof verskyn, het Mavundla gesê.
–Sapa