500 reeds dood op land se paaie

2011-12-20 07:57
Tweets Share Share line Print

Jan Gerber

Kaapstad – Terwyl verkeersbeamptes onder motoriste se skerp tonge deurloop, het padongelukke teen gisteroggend reeds sowat 500 lewens sedert 1 Desember landwyd geëis.

Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het ’n beroep op motoriste gedoen om geduldig en met die nodige agting teenoor verkeersbeamptes op te tree.

Volgens hom het die publiek sedert die begin van die vakansieseisoen talle verkeersbeamptes beledig.

“Verkeersbeamptes het ’n baie veeleisende werk. Mense moet asseblief verdraagsaam teenoor hulle wees,” het Ismail gesê.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê mense verontagsaam verkeerswette en vat kanse. Wanneer die verkeersbeamptes hulle egter teregwys, “is die verkeersbeampte altyd die verkeerde een”.

Africa meen mense se gesindheid moet verander.

Ismail het ook gesê mense wat roekeloos verbysteek, is een van die groot oorsake van ongelukke waarin meer as vyf mense sterf.

Volgens Africa is nog net twee ongelukke in die Wes-Kaap sedert Desember só veroorsaak.

Albei voorvalle was Saterdagoggend op die N1 toe leë taxi’s wat op pad terug na die Oos-Kaap was om nuwe passasiers op te laai in botsings reg van voor betrokke was. In die een ongeluk is sewe mense dood en in die ander twee.

“Dit is ’n onding wat ons moet hokslaan,” het Africa gesê en bygevoeg daar sal eersdaags met die taxiverenigings vergader word om die “op- en afjaery te beëindig”.

Hy het gesê in die meeste gevalle was net een motor in ongelukke in die Wes-Kaap betrokke, wat aandui dat moeë bestuurders ’n probleem is.

“Die algemene goue reël van die pad is om ná elke 200km of twee uur stil te hou, uit die voertuig te klim en die bene te rek. As almal net dié reël wil toepas, gaan ons minder ongelukke hê.”

As meer mense hul sitplekgordels dra, sal daar ook minder sterftes wees.

Africa het ook die publiek aangemoedig om roekelose padgebruikers by 021 946 1646 aan te meld.

- Die Burger

Lees meer oor: ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Presies, kon dit nie beter gestel het nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.