50 dakloos ná brand in Kaapstad
2011-11-21 10:06
Kaapstad – Sowat 50 mense is naby Philippi in Kaapstad dalkloos gelaat nadat 'n brand in die Siyanyazela informele nedersetting uitgebreek het, het die stad Kaapstad gesê.
Die brand het omstreeks 18:40 Saterdagaand uitgebreek.
"Sowat 50 mense is dakloos gelaat ná die brand," het die stad gesê.
Alternatiewe behuising is aan die mense verskaf, maar hulle het verkies om hul besittings op te pas.
Niemand is beseer nie en die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA