5 sterf ná vragmotor op motor val
2010-09-04 05:49
Vrystaat - Vyf mans is dood ná 'n vragmotor Vrydagaand in Welkom in die Vrystaat oor hul Toyota Tazz gery het, het paramedici gesê.
Die vragmotor en die dubbelsleepwa en die Tazz het albei versuim om stil te hou by die Kutlwanong-kruising op die Welkom/Kroonstad-pad, sowat 10km buite Welkom.
Die ongeluk het omstreeks 21:00 plaasgevind, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.
"Die Tazz was onder die voorste gedeelte van die vragmotor vasgekeer en die motor se dak was heeltemal plat en erg beskadig."
Paramedici het aanvanklik vier mans in die motor gesien, maar die brandweermanne die wrak oopgesny het, is 'n vyfde slagoffer gevind.
Die bestuurder van die vragmotor is geskok, maar ongedeerd.
- SAPA