5 sokkerspelers sterf in botsing
2009-10-12 17:25
Johannesburg - Vyf sokkerspelers is dood en 22 ander spelers is in drie verskillende hospitale opgeneem nadat hulle in 'n motorongeluk betrokke was.
Nonkie Maluleke, Tebogo Ramoshaba, Siphiwe Shamango, Xtlhelana Masilo en Dennis Mashele van die Burgersdorp Shining Stars-sokkerklub in Limpopo is Saterdag net buite die Burgersdorp-township dood.
Die spelers was onderweg na Mafarani Village om 'n ligawedstryd in Tzaneen te gaan speel toe die ongeluk plaasgevind het.
Kirsten Nematandani, president van Safa, het sy medelye aan die familie, sokkerklub en die streek uitgespreek.
"Dit is tragies om sulke toegewyde spelers te verloor. Safa moet ernstig begin vrae vra oor die manier waarop spelers op amateurvlak vervoer word."
– Sapa